Wednesday 18 September 2013

Verhalende Skryfstuk



Dit was die ergste van my lewe, ek sal dit nooit vergeet nie. Ek het beslis my les geleer, ons het 4weke gehad on die opdrag uit tevoer maar ek wag altyd vir die laaste minuut.

En dit is hoe alles begin…

Ek moet nog my opdrag voltooi wat die volgende dag ingelewer moet word, ek moet  aandete maak en Omar hardloop op en af. Ek het nie geweet waar om te begin nie, dit is vyf uur en daar was nog steeds niks op my rekenaar nie, my kop het gevoel soos dit wil bars. 


En toe hoor ek dit, ‘n harde slag, gevolg deur huilende kind, ek het dadelik alles gelos en hardloop na Omar, daar was bloed, en ek was so bang,my kind, en bloed, ek kon dit nie hanteer nie... van op en af hardloop, het hy met sy gesig teen die voet lys geval , n’ sny aan sy oog, dit was verskriklik my hart gebreek .  Ons het onmiddelik hospitaal toe gegaan, ek het skoons vergeet van die kos en my opdrag, dit was die laaste ding op my gedagtes.

Ons het vir vyf ure by “Red Cross” hospitaal gesit, ek was so moeg, en ek moet nog die opdrag gaan voltooi. Maar Omar was goed, niks groot nie , hy het net vyf steke gehad. Dankie tog!


Daar was geen opdrag om in te handig, ek het die omstandighede aan my lektor gaan verduidelik, maar daar was niks wat sy kon doen nie want ek het 4weke gehad , ek het dit laat inlewer en ‘n minus 5 % ontvang.


Morele of etiese le… moet nooi t  iets op die laaste minuut doen nie, jy weet nooit wat gaan gebeur nie. 


Tot volgende week…


Die dinge wat Omar doen maak my so senuweeagtig..




1 comment:

  1. Enkele opmerkings:

    1. on die opdrag uit tevoer - om die opdrag uit te voer
    2. soos dit wil - asof dit wil
    3. my hart gebreek - dit het my hart gebreek
    4. onmiddelik - onmiddellik
    5. skoons - skoon

    ReplyDelete